Monday, July 30, 2012
Droë Hart
Namakwaland se drome gaan
Oor reën wat nie wil kom
Ek sit onder die half vol maan
En onthou die lente blom
My namakwaland hart
Sit en wag vir reën
Sit en wag vir liefde
Hier sit ek alleen.
Ek wonder, is daar iemand?
Wat soos die reën na my sal kom?
En ek wonder is daar iemand?
Wat my droë hart sal laat blom?
My namakwaland hart
Sit en wag vir reën
Sit en wag vir liefde
Altyd alleen.
die reën kom baie selde
maar wanneer dit wel kom
is die droë grond nie dieselfde
want alles is in blom
Ek wonder, is daar iemand?
Wat soos in my drome sal kom?
Ek sit en wag vir iemand
wat my droë hart wil laat blom
My namakwaland hart
Sit en wag vir reen
Steeds wag ek vir liefde
Altyd hier alleen.
Subscribe to:
Posts (Atom)
